Vakansie-pret

Dis uiteindelik weer skoolvakansie en dit beteken net een ding – my tyd is my eie! En eie tyd beteken speeltyd… en speeltyd beteken dinge gebeur in my werkskamer!

image

image

Advertisements

Derde kombuiskassie is klaar

My kombuiskassie se derde deurtjie is al ‘n geruime tyd voltooi, ek het net nog nie daarby uitgekom om dit te deel nie.

image

image

Kleindogters mag Oumas help...

Die vierde een het ‘n ongelukkie gehad, ek wou voortydig vir my man wys hoe die prentjie in die lig vertoon toe ek besig was met die afwerking, en toe val ek oor my eie voete…

image

En terwyl ek besig was, het ek sommer ‘n klein terrarium ook gemaak.

image

Blou en groen saam is altyd mooi

Vyf lae perfekte reghoekies vat hulle eie pad in my oondjie.

Hierdie was nog van my Desember projekte wat ek al vergeet het om te plaas. Die pewter hoendertjies was amper klaar maar moet nou eers bietjie oorstaan tot daar weer tyd is.

image

Buiten pers is dit my gunsteling kleure die

Gebruik blikkies as geskenkpapier

‘n Mooi servet en Podge verander ‘n blikkie in ‘n japtrap in ‘n mooi geskenkhouer vir ‘n botteltjie tuisgemaakte appelkooskonfyt.

Ek het die blikkies eers met wit spuitverf bygekom voor ek dit geplak en gepodge het. Die wit blommetjies het nie mooi vertoon op die blink blik nie.

Anderste geskenkpapier

Anderste geskenkpapier

Die pragtige koppie was ‘n geskenk van my dogter, en die eerste keer wat ek dit gebruik het, het hy gekraak. Ek is maar sentimenteel en wou dit nie summier weggooi nie, toe plant ek maar ietsie daarin in plaas van net in die asblik gooi. Nou kan ek hom ‘n rukkie langer geniet

Nou kan ek my pragtige koppie langer geniet en hoef hy nie asblik toe nie

 

 

Present vir my tuin

Ons bly mos in die bos en die bokke loop reg by my huis en loer in by my deur.  Daar is maar altyd ‘n ou veldblommetjie wat iewers blom maar ek wil nou bietjie gewone blomme hê ook en ons het besluit om hulle so bietjie uit te span. Ek het nou al een bedding gemaak en Roelf het vir my ‘’n groooot visdam by die swembad gebou. My goudvisse broei teen ‘n tempo en dis goed so, ons wil later ons groentetonneltjie met die nutriënte uit die visdam natmaak.

Roelf het my die week gehelp om presente vir my tuin te maak, stapblokke (‘stepping stones’) wat later gebruik gaan word saam met wit spoelklippe in ‘’n gedeelte van die tuin wat nog in beplanning is.

Ons het doodgewone blombak pierings (30cm deursnee) gebruik as gietvorms. Die bak word eers ghries gesmeer voor die concrete ingegooi word. Dit word vir twee dae in die vorm gelos en kort-kort natgemaak soos mens maar met concrete maak sodat dit nie moet kraak nie.

Party is net concrete

 

Groot blare maak fossielagtige afdrukke

 

Verskeidenheid kleure en groottes glasklippies

 

Blombak pierings as gietvorms

 

Party het glasklippies in en party het mosaiekvorms

 

Glas hangertjies

Ek het weer lekker met my glas ook gespeel hierdie week. Elke dingetjie is weer ‘n nuwe eksperiment.

Ek het die millefiori heeltemal ingesmelt vir die ene

Ek het die millefiori heeltemal ingesmelt vir die ene

Die bruin millefiori is nie heeltemal ingesmelt nie, mens kan dit ongelukkig nie op die foto sien nie.

Die bruin millefiori is nie heeltemal ingesmelt nie, mens kan dit ongelukkig nie op die foto sien nie.

My sirkel is nie perfek nie,  ongelukkig kry mens nie 'n gietvorm vir die mikrogolfoondjie nie en toe skuif my glas terwyl dit smelt. Dit is uniek!

My sirkel is nie perfek nie, ongelukkig kry mens nie ‘n gietvorm vir die mikrogolfoondjie nie en toe skuif my glas terwyl dit smelt. Dit is uniek!

Die klein swart krale is ook op dieselfde manier gemaak as die grote.

Die klein swart krale is ook op dieselfde manier gemaak as die grote.

See herinneringe

Hoe lank rol ‘n klippie in die branders rond om met sulke lekker ronde rande uitgespoeg te word?

Sodwana klippies

Sodwana klippies

My een sussie het eenkeer lank gelede toe ek ryk was in geld vir mygesê ek kan goud en diamante bekostig, maar ek behang my met vere en klippe.

Nou is ek nie meer ryk in geld nie, maar ek is nog ryk in klippe en vere. Dit sal altyd deel wees van wie ek is.

Nou word dit ‘n mooi herinnering om my of iemand na aan my se nek

Ek lief seeperdjies en hierdie een is vir my ‘n besondere enetjie om saam met ‘n klippie te sit