‘n Week van lekker werk

Ondanks wat die grootste gros mense dink, het onderwysers het baie min tyd vir hulle self. Van die begin van hierdie jaar af moet alle punte voor die aanvang van ‘n skoolvakansie by die departement ingehandig word. Dit plaas ons vir ‘n paar weke onder baie groot druk, MAAR… dit gee ons dan ‘n welverdiende vakansie sonder merkwerk. Voorbereiding vir die nuwe termyn moet egter nog gedoen word, so ons kom nie skotvry af nie.

Dis lekker om te sê dat ek al my handwerk doelwitte hierdie week bereik het. Ek het verder met my glas ge-eksperimenteer…

 

Ek het pewter geskenke gemaak en mosaïek ingesluit in ‘n multimedia servethouer.

Twee ander doelwitte was om te lees, iets waarvoor ek bitter min tyd het, en om vir ‘n slag iets vir een van my ander blogs te skryf. Beide is gedoen… Dan het ek tussen deur ook tyd spandeer aan my twee kleinkinders, inteendeel, ek het hulle vir vier dae opgepas terwyl hulle mamma en pappa ‘n blaaskansie gevat het.

Zelmarie en Roelof, my dierbare kleinkinders wat ek so bevoorreg is om elke dag te sien

Zelmarie en Roelof, my dierbare kleinkinders wat ek so bevoorreg is om elke dag te sien

Die uiltjie is nie handwerk nie, dit was sommer bietjie hartswerk. Ons het hom in die garage gekry en was bang die honde gaan hom verinneweer. Toe maak ek hom in my man se werkskamer toe tot die aand. Alhoewel hy vir my geblaas en sy snawel geklap het, het hy  my toegelaat om hom te hanteer. Wat ‘n voorreg om in daardie deurdringende kykers te kyk, geen foto laat reg geskied aan daardie goudgeel blink kykers nie. Sy vlerke is al mooi sterk en sy ma het hom kom haal die aand. Net na skemer het hy begin kras en die volgende oggend was hy weg.

Gevlekte ooruiltjie

Gevlekte ooruiltjie

 

 

 

 

 

 

6 responses to “‘n Week van lekker werk

  1. Reblogged this on Slakkelak and commented:

    Dit was lekker om na ‘n baie stresvolle termyn bietjie tyd te he vir dinge wat vir my lekker is. Dit gee my weer woema vir ‘n lang tyd…

  2. Oeee jou handewerk is mooi… en die uil…

  3. Wat ‘n pragtige uiltjie!

  4. Mooi handewerk. Onderwysers se tyd is nie hul eie nie en mense wat nie die binnewerke van ‘n onderwyshuishouding ken nie, moet nie probeer saampraat nie. Raak so vies vir almal wat praat van halfdagwerk en lang vakansies en so.

Leave a reply to Net Ek Cancel reply